• No se han encontrado resultados

8. Devolución y gestión

8.1. Devolución

Ten spyte van positiewe elemente in die Westerse verstaan van verlossing, wys Bosch (1989:150) daarop dat “serious objections have to be raised against the traditional perspectives on salvation”. Hy wys in die eerste plek daarop dat die betekenis van verlossing op ’n gevaarlike wyse vereng is, asof dit bloot na mense se geestelike behoeftes en persoonlike probleme sou verwys; asof die doel van sending slegs sou wees om mense vir die terugkeer van Christus en op die ewigheid voor te berei; asof verlossing slegs die vergifnis van sonde beteken – ’n ontsnapping uit die oordeel van God en die ontmoeting van die individuele siel met God; asof sending mense bloot moet voorberei vir hulle hemelse bestemming; asof verlossing opgesom sou kon word as bevryding uit hierdie wêreld uit – wat slegs ’n realiteit word die oomblik wanneer die dood intree, die siel ontsnap en na die werklike tuiste in die hemel verhuis.

Tweedens wys Bosch (1989:151) dat die “evangelical” benadering tot ’n skerp onderskeid tussen skepping en herskepping, daarom ook tussen skepping en welsyn lei. So ’n benadering, meen hy, het altyd ’n absolute dualisme en kontras tussen die geestelike en

101 fisiese, hemel en aarde, ewige en tydelike, godsdiens en politiek, verlossing en menslikheid tot gevolg. Bosch (1979:202) wys dat Christus in hierdie Evangeliese kringe slegs as Heer van die kerk gesien is, en nie ook as Heer van die kosmos nie. Die evangelie, skryf hy verder, is in terme van ’n Griekse verlossingsreligie verstaan waarvolgens dit “om verlossing uit die aarde gegaan het, in plaas van die vernuwing van die aarde” (Bosch, 1979:202). Heiligmaking is as onttrekking van alles wat wêrelds is verstaan terwyl verlossing as die vergewing van persoonlike sondes verstaan is. Waterdigte onderskeid tussen die leerstellings van die skepping en verlossing, meen Bosch (1989:151), kan nie stand hou nie. Bosch spreek homself ondubbelsinnig uit teen hierdie tipe vroomheid en beskryf dit as “’n onbybelse eensydigheid en ’n onegte Christendom”. Hy beklemtoon dat hierdie wêreld God se skepping – oppad na die volbrenging daarvan is en “(i)n our mission we do not only encounter a world which has been alienated from God because of sin, but also a world, a humanity, which God loves” (Bosch, 1989:151). Christus is nie net Hoof van die individuele gelowige of van die kerk nie, maar van die ganse kosmos. Daarom, meen hy, is enige leer van twee ryke in konflik met die hart van die evangelie en is verlossing nooit ’n verlossing uit hierdie wêreld (salvus e mondo) nie, maar altyd verlossing van hierdie wêreld (salus mundi). Verlossing in Christus is verlossing in die konteks van die menslike samelewing op reis na ’n heel en geneesde wêreld, meen Bosch (1989:151). Die kerk se besorgdheid oor verlossing het dus ’n universele dimensie en, daarmee saam ’n fisiese en politieke dimensie.

In die derde plek spreek Bosch (1989:151) sy kritiek uit teenoor die “evangelical” interpretasie van verlossing tot die mate waarin dit ’n neutraliteit ten opsigte van die samelewing voorhou. Sodanig word sending tot die kommunikasie van ’n godsdienstige boodskap beperk, waarvan die beginsels as ’n opsionele tweede stap in die samelewing toegepas kan word. Dit is ’n boodskap waarin mense tot bekering tot God opgeroep word, sonder om terselfdertyd die noodsaaklikheid van mense se versoening met mekaar aan te spreek. Die betrokkenheid van mense by die eksistensiële nood van ander is dan hoogstens ’n etiese gevolg van die persoon se geloof en nie ’n uitdrukking van daardie geloof nie. Die gevolg hiervan, wys Bosch (1989:151), is dat die klem op die verlossing eendag, mense in effek van mekaar skei en vervreem en sodanig krediet verleen aan die siening dat godsdiens die opium van die volk is. In sy verstaan van verlossing, meen Bosch (1989:151), word die mens met geen ander keuse gelaat nie as om sterk stelling in die samelewing, tot voordeel van die armes en onderdruktes, in te neem.

102 4.5.3 ’n Skriftuurlike begronding van verlossing

Bosch (1989:151) voer aan dat daar ernstig nuut oor die interpretasie van verlossing gereflekteer behoort te word. Bosch (1979:218) gebruik die Bybel as normatief vir sy denke oor verlossing en verklaar dat die verlossingsbegrip nie op “eiesinnige manier” gewysig mag word nie. Hy verwys na enkele Bybelse grepe op verlossing vanuit beide die Ou- en Nuwe Testament.

Vir Israel, wys Bosch (1989:152), het verlossing in die mees intieme verhouding met hulle geloof in God as Skepper gestaan. Skepping, as sodanig, is God se eerste verlossingsdaad. God het sy verlossing veral in Israel se bevryding van slawerny in Egipte bewys. Verlossing het met hierdie aarde te doen. Verlossing is shalom: vrede, sekuriteit, oorvloedige oes, ’n groot familie, ’n goeie koning, gesonde interpersoonlike verhoudings, sosiale geregtigheid en ’n lang lewe. Geen van hierdie aspekte van verlossing staan egter in isolasie van Israel se verhouding met Jahwe nie. Israel staan, na alles, in ’n verbondsverhouding met God: Die Tora was aan Israel toevertrou. Godsdiens en samelewing oorvleuel. Verlossing is omvattend, maar die reikwydte daarvan is hoofsaaklik lewe op aarde.

Die ervaring van die Babiloniese ballingskap lei tot ’n verdiepte ervaring van beide ongeluk en verlossing. Dit is veral in Deutero-Jesaja waar verlossing met God se reddende geregtigheid, sowel as hoop op ’n nuwe skepping verbind is. Daar is dus ’n duidelike eskatologiese dimensie bygevoeg. In hulle harde, vreugdelose bestaan, leer Israel om die toekoms in te kyk, ook die toekoms anderkant die dood, selfs tot by die opstanding van die dooies en ’n nuwe lewe saam met God. Dit beteken egter nie dat verlossing se aardse karakter verlore gaan nie. Daarom beklemtoon Bosch (1989:152): “Shalom will return to this

earth; the lion and the lamb will lie down together.”

In Jesus se bediening noem Hy hierdie toestand van verlossing of shalom die koninkryk van God (basileia tou Theou). Hierdie heerskappy is beide in die hede en in die toekoms. Bo alles is dit onlosmaaklik met die Persoon van Jesus verbind. Hy bemiddel ook nie slegs die verlossing nie, Hy is verlossing, die heerskappy/koninkryk van God in persoon, die

autobasileia (Origenes). Verlossing het tot werklikheid gekom in Jesus se aardse lewe, sy

prediking en genesing, sy uitspraak van vergifnis van sonde en sy medelydende identifisering met uitgeworpenes en onderdruktes. Bosch (1989:152) wys hoe hierdie verstaan van verlossing die ervaring van bevryding van sonde en dood, die insluiting in die

103 gemeenskap van gelowiges (koinonia), die vestiging van vrede en die deelname in geregtigheidswerk in die koninkryk van God omvat.

Al hierdie dimensies, voer Bosch (1989:152) aan, is tegelykertyd sosiaal en persoonlik, sekulêr en godsdienstig. Tog is daar verskillende nuanses by die onderskeie Nuwe Testamentiese skrywers wat oor verlossing geskryf het. Bosch (1989:152) verwys na Lukas en Paulus en voer aan dat verlossing die dominante tema by Lukas is. Eerstens gebruik Lukas verlossingstaal in verwysing na ’n wye spektrum van menslike omstandighede: die beëindiging van armoede, diskriminasie, siekte, duiwelbesetenheid en sonde. In die tweede plek is verlossing vir Lukas, bo alles, iets wat in hierdie lewe, vandag realiseer (vergelyk Jesus se uitsprake in Lukas 4:2168; 19:969; 23:4370). Bosch (1989:153) som dit soos volg op: “In Luke, salvation is present salvation.”

Bosch (1979:218) verwys ook na die Evangelies se gebruik van die werkwoord: sozein (Grieks), wat verlos of red beteken, maar ook vir genees gebruik word. Hy meen egter die “primêre gebruik van sozein in die Nuwe Testament … is nie ‘genees’ nie, maar die totale verandering van die mens in sy (sic) verhoudinge, sy (sic) opname in ’n nuwe gemeenskap, die vergiffenis van sy (sic) sonde en sy (sic) ewige vryspraak” (Bosch, 1979:219).

By Paulus, wys Bosch (1989:153), lê die klem elders. Hy plaas ’n groter klem op die inchoatiewe aard van verlossing: dit begin slegs in hierdie lewe. Verlossing is ’n proses wat begin is deur ’n ontmoeting met die lewende Christus; werklike, volledige verlossing is nog

uitstaande71. Die Heilige Gees is slegs God se eerste gawe (Romeine 8:2372). Ons is in

hoop gered (Romeine 8:2473). Verlossing, ’n sleutelkonsep by Paulus, geskied inderdaad

hier en nou. Paulus verwys gewoonlik na verlossing in die toekomende tyd74. Bosch

(1989:153) toon aan dat hierdie nuanses met Paulus se apokaliptiese denke te doen het waarmee hy wil beklemtoon dat die omvattende verlossing vir die komende triomf van God

gereserveer is. In die hede wag Paulus op Jesus Christus as Verlosser75. Nêrens, meen

68 “Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.” 69 “Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. 70 “Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

71 Volgens Bosch (1979:219) gebruik Paulus twee verwante woorde vir verlossing, te wete apolutrosis en soteria, alhoewel eersgenoemde “eerder die eskatologiese karakter van die heil na vore bring”.

72 “En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.”

73 “Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien?”

74Vergelyk Romeine 5:10: “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.”

104 Bosch (1989:153), het Paulus hierdie grondliggende vernuwing so sterk uitgedruk as in die woorde van 2 Korintiërs 5:1776 nie. Verlossing in die hede het sosiale en politieke betekenis. Bosch som dit goed op as hy sê: “The coming triumph of God already casts its rays into our present world, and while it beckons us towards comprehensive salvation, it inspires us to let this salvation become a reality here and now, in the structures of society.” (Bosch, 1989:153.)

Documento similar