• No se han encontrado resultados

EREKLEURE Vanaf 2016: Halfkleure: Dit is vir ou Noordwes Boland. Van 2016 Matzikama: kry balkie.

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "EREKLEURE Vanaf 2016: Halfkleure: Dit is vir ou Noordwes Boland. Van 2016 Matzikama: kry balkie."

Copied!
6
0
0

Texto completo

(1)

HOËRSKOOL

LUTZVILLE

HIGH SCHOOL  6, LUTZVILLE, 8165  (027) 2171006  (027) 2172114 [email protected] Aan alle Ouers

WEEKBRIEF 32 VAN 2016

UIT DIE KANTOOR

EK GEE OM..

 BURGERAAND: Baie dankie aan Deon Geldenhuys (Taffy) TOP CROP wat in hierdie droë tyd van min aartappels vir HSL gehelp het om die burgeraand suksesvol te maak. Dankie aan elke ouer se tyd, moeite en bydrae. Dankie ook aan Oom Jan se Slaghuis en aan die NG Kerk. Dankie dat ons as gemeenskap kan saamstaan om vir ons kinders geleenthede te gee.

KLEURKRYTE VIR GRONDSLAGFASE: Baie dankie aan SYNGENTA vir die

skenk van kleurkryte en inkleurboeke.

NUWE AANSTELLINGS

In die plek van me Hanlie de Vries is mevrou Adri du Toit aangestel. Sy is oorspronklik van Oudtshoorn en tans van Carnarvon. In mnr PG le Roux se plek is mnr Pieter van Zyl, oorspronklik van Augsburg, maar „n finale jaar NOS student van Stellenbosch, aangestel. Ons glo dat hierdie twee persone ook vir Lutzville tot groter hoogtes sal neem. Die volgende poste word ook adverteer: Twee poste vanaf 1 Januarie 2017.

ENGELS EN AFRIKAANS (GR. 10 – 12) WKOD-POS

VERBRUIKERSTUDIE EN BESIGHEIDSTUDIE (GR. 10 -12) BHL-POS

Buitemuurse aktiwiteite „n vereiste. Koshuisinwoning beskikbaar . Stuur volledige CV met verwysings aan: Die Skoolhoof, HS Lutzville, Posbus 6, Lutzville, 8165 OF epos:

[email protected]. Faks: 027 2172114, Tel nr. 027 2171006. Sluitingsdatum: Maandag 7 November 2016

EREKLEURE

Vanaf 2016:

Halfkleure:

Dit is vir ou Noordwes Boland. Van 2016 Matzikama: kry balkie.

Volkleure:

Weskus / Platteland. Leerder ontvang R1 000 honorarium sowel as balkie en erewapen.

Erekleure:

Balkie, erewapen en koord. Kwytskelding van skoolfonds vir die daaropvolgende jaar.

Opgeneem in die Bolandspan en Nasionaal gaan deelneem. (nie by „n Interstreek Toernooi

nie.)

O/13 – O/19:

Vanaf O/13 vir sport/kultuur. Gekies vir Provinsiale span. Indien jy jonger is, maar

neem vir O/13 deel, kwalifiseer jy ook

(2)

Akademies: Soos vasgestel deur personeel vir akademiese erekleure in verskillende

grade, (einde graad 9, einde graad 11), en ook gemiddelde A in matriekeindeksamen.

Erekleure ky die daaropvolgende jaar gratis skoolonderrig. Erewapen, koord en

balkie word geskenk aan leerlinge vir die eerste toekenning, daarna net nuwe balkies

vir eerste keer verwerf. Matriekleerling kry dit in graad 12.

Vergoeding:

 Indien leerling Provinsiale kleure in sport/kultuur verwerf vanaf O/13 ontvang hy sy kwytskelding van skoolfonds vir die daaropvolgende jaar.

 Leerlinge kry een maal per jaar per sport vergoeding. Waar leerling „n tweede provinsiale sport in een jaar verteenwoordig, word sy amptelike toernooi uitgawes betaal. (Oorsese toere en uitnodigingspanne uitgesluit)

 Leerlinge ontvang honorarium indien hy/sy gekies word vir provinsiale span. Skool moet amptelik deur betrokke sportliggaam ingelig word.

 O/8 – O/12 Boland atleet/rugbyspeler/krieket-/netbal-/tennisspeler ontvang net honorarium van R1 000,00 per sportsoort.

 Indien byeenkoms/wedstryd plaasvind en leerling gaan nie deelneem nie, verbeur hy/sy honorarium.

 Tennis: Hoërskool en Laerskool no. 1 – 6.

Leerders wat in uitnodigingsspanne gaan deelneem ontvang geen vergoeding.Nuwe

kategorieë/streke waar spelers bv. genomineer word eerder as deur proewe gaan en vorder tot

provinsiale spanne sal van tyd tot tyd deur personeel aangepas word. Elke nuwe

“indeling/streek” sal van tyd tot tyd in heroorweging geneem word.

GRAAD 1 OUERAAND

Dinsdagaand om halfsewe vind ons jaarlikse graad 1 oueraand plaas. Nuwe, sowel as huidige ouers moet hierdie aand bywoon waar noodsaaklike inligting rondom boeke vir 2017, huiswerk ensovoorts deurgegee word. Elke ouer gaan ook die geleentheid kry om iets prakties vir sy/haar kind vir die eerste dag te maak.

HANDBOEK KONTROLE

Volgende week sal onderwysers handboekkontrole doen. Indien „n boek onherstelbaar beskadig is, of weg is, moet die boek ongelukkig teen R150 vervang word. Wanneer „n boek nog herstel kan word, betaal „n leerling R50. Ongelukkig is dit „n tendens onder party kinders om nie hul boeke op te pas nie, en moet hierdie leerlinge elke jaar “boete” betaal.

BURGERAAND

Baie dankie aan almal se positiewe bydrae en hulp. Dit was „n suksesvolle aand. Sien julle weer vroeg volgende jaar met nog heerlike verkope. Enanda Haasbroek KULTUURAAND

Ons sien uit na vanjaar se kultuuraand, eerskomende Maandag (31 Oktober) om 19h00. Die koor tree ook tydens hierdie geleentheid op. Elke koorlid het reeds 'n briefie met die nodige reëlings ontvang. Leerders wat deelneem, betaal geen ingangsfooi nie. Alle ander leerders is welkom om die aand by te woon. Ingangsfooie is R5 per leerder en R10 per volwassene. Daar sal ook 'n snoepie wees tydens pouse. Bring dus gerus 'n geldjie saam en ondersteun die snoepie. Gerda Koegelenberg SIVVIEDAG

Volgende Vrydag, 4 November, hou die matriekafskeidkomitee „n verkope en sivviedag om geld in te samel vir volgende jaar se matriekafskeid. Die sivviedag kos R2 en by die verkope gaan daar baie lekker dinge te koop wees. So bring baie geldjies saam. Matriekafskeidkomitee 2017 VRL 2017 KAMP

VRL 2017 se voorbereidingskamp vind 4 en 5 November plaas op Strandfontein. Ons vertrek die Vrydag om 16:00 vanaf die skool en sal Saterdag 5 November teen 13:00 terug wees. Dené Muller

(3)

TENDERS – SNOEPIE

Tenders vir „n twee jaar kontrak vir 2017 tot einde 2018 word ingewag. Belangstellendes moet asseblief „n duidelik gemerkte koevert met die tenderbedrag en besonderhede voor of op Maandag 7 November 2016 om 12:00 by die kantoor inlewer.

SKOOLTASSE / -SAKKE

Bestellings vir skooltasse, - rugsakke en –toksakke kan weer geplaas word. Sluitingsdatum

vir plasing (kontant met bestellings) is Vrydag 18 November 2016 by die kantoor. Pryse sal

in die volgende weekbrief met bestellingsvorms deurgegee word.

HS KRIEKET

Ons 0/19‟s het Woensdag teen HS Calvinia gespeel. Calvinia het 116 lopies in hul 20 beurte aangeteken. Die boulers het omtrent almal paaltjies geneem. Daarna het Lutzville gekolf en het Armand 19, Teigh-Jay 38 en Davon 29 nun aangeteken. Lutzville slaan die wenlopies in die laaste boulbeurt en wen met 7 paaltjies. Geluk. Volgende week speel hulle teen HS Vredendal. Sterkte vir

die wedstryd. Koos Scheepers

LS KRIEKET 0/11 Krieket

Die 0/11 krieketspan het Maandag 17 Oktober teen Augsburg krieket gespeel. Die span het baie goed gevaar en die wedstryd in die laaste boulbeurt deurgehaak. Maandag 24 Oktober het die span ook teen Cederberg Primêr gespeel. Dit was „n lang wedstryd wat tot in die laaste boulbeurte geloop het. Die span kon dit ongelukkig nie hierdie keer deurhaak nie. Die volgende wedstryd vir hierdie span is Maandag 31 Oktober teen Vredendal. Die wedstryd sal op Vredendal se laerskool veld gespeel word om 14:30 die middag.

0/11 Noordwes-Boland krieket

Saterdag 22 Oktober het die 0/11 Noordwes-Boland krieketspan op Vredendal deelgeneem aan „n toernooi. Die wedstryde was onderskeidelik teen Sultanas en Witzenberg gespeel. Die span het ongelukkig albei wedstryde verloor. Die komende Saterdag (29 Oktober) speel die span teen Wes-Boland. Die wedstryd word op Hugo Rust se veld in Wellington gespeel om 1 uur die middag. Ons sê sterkte aan ons spelers, Casley Kordom, Reyno Engelbrecht, Leshwin Stevens, JD Lucas en Jordan du

Preez. Drikus Kirsten

O/13 Krieket

Die O/13 seuns het gister teen Laerskool Vredendal gespeel. Hulle is uitgeboul vir 31. Hayden Saul met 4 paaltjies en Evan Segelaar met 3 paaltjies het verwoesting gesaai. Daarna het ons hierdie telling in die 7de beurt verbygegaan met CJ Fraser op 9 onoorwonne lopies aan te stuur. Baie geluk met die pragtige oorwinning. Ons speel Maandag op Calvinia en die bussie vertrek 12:00. Ons sluit ook Donderdag ons seisoen af teen Nouveau Kollege tuis. Baie sterkte. Quinton van Dyk MINIKRIEKET

Ons bied Saterdag 5 November weer „n minikrieket dag aan. Klomp skole is uitgenooi na die dag en ons seuns is opgewonde en hard aan die oefen! Kom ondersteun hulle gerus! Dieter van Wyk HS TENNIS

Die tennis teen HS Drosdy en HS Vredendal, Saterdag 22 Oktober, kan net beskryf word as ongelooflik lekker. 20 van ons spelers het deelgeneem. Almal het enkels, dubbels en gemeng

gespeel. Dit is so goed om te sien dat sportmanne en -vroue hulself kan geniet op die sportveld en dat almal kompeteer so goed as moontlik, maar dat wen nie die oorheersende faktor is nie. Drosdy het uiteindelik as die beter span van die baan gestap, maar tennis en sportmanskap was beslis die wenners van die dag.

Dankie aan Nadine Smuts, Barbara Hollenbach en Marietjie Lambrechts vir die heerlike soetgoed asook Quinton wat weereens ingestaan het vir die braai van die wors. Met sulke omgee hande is die reël van „n toernooi net maklik.

(4)

Maandag, 31 Oktober, speel al 4 ons spanne teen HS Vredendal tuis. Dit kan nogal „n uitdagende wedstryd wees. Sterkte!

Adri Lambrechts, Tiaan Ras, Jurian Mostert, Armand van Dyk, Heinz Slabbert, Lize-Mari Kersop, Ansoretha Hugo, Marilu Smuts, Lua Genis en Anika Scheepers neem vandag en môre deel aan die Boland Plattelandse Toernooi op Worcester. Baie sterkte julle klomp. Ons weet julle sal HS Lutzville se naam op en van die baan goed verteenwoordig.

2 en 3 Desember vind die Boland Plattelandse Tennisproewe op Moorreesburg plaas. Merk solank

die datum. Arina Conradie

LS TENNIS

Die afgelope week het ons seuns en dogters teen Vredendal en Augsburg tennis gespeel. Die seuns se eerste span het sover vir albei spanne gewys wie is “span van die jaar” en is sover onoorwonne. Die seuns se tweede span het ongelukkig teen Vredendal verloor, maar as trotse wenners van Augsburg se bane afgestap. Die dogters se eerste en tweede span het ongelooflike tennis gespeel en party van die opponent ordentlik laat sweet, maar hulle het ongelukkig verloor. Dankie vir ons tennissterre wat goeie sportmanskap getoon het asook elke ondersteuner en ouers wat help met vervoer.

Woensdag, 2 November is ons laaste wedstryd tuis teen Calvinia. Wedstryde begin om 14:30.

Jo-Anri Barnes

EKSAMENTYE

Vanaf Maandag die 7de November begin almal (gr.1 -11) 8:00 en kom 13:00 uit.

MARLIDA LOMBARD

SKOOLHOOF

28/10/2016

ONTVANGSERKENNING: Weekbrief 32 van 2016 INHANDIGING: 31/10/16 NAAM: ...(Kind) GRAAD: ... Hiermee erken ek ontvangs van weekbrief 32 van 2016

(5)

HOËRSKOOL EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2016

DATUM DAG GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11

7 Nov Ma Eng.1 + LW 3 Prak

(2sessies) RTT V1 +VBS (P)

8 Nov Di. RTT V1 Prak VBS (P)

9 Nov Wo. VBS Prak Eng. 1 + LW 3 Prak

(2sessies)

10 Nov Do. SW Gesk Eng 2 FW 1 / BHS Eng 2

11 Nov Vry. SK Wisk 1 Wisk 2/Wisk G 2 Afr. 2

14 Nov Ma. Wisk 1 SW Aard RTT V2 LW 1

15 Nov Di. Eng Afr. 3 LW 1 RTT V2

16 Nov Wo. LO Afr 2 Wisk 1/Wisk G 1

17 Nov Do. Wisk 2 Afr. 2 Wisk 1 /Wisk G 1 FW 1 / BHS

18 Nov Vry. SW Aard EBW LO Afr. 1

21 Nov Ma. Afr. 3 Wisk 2 LW 2 FW 2

22 Nov Di. LO SW Gesk Eng 2 Rek/VBS/Teg Siv.

23 Nov Wo. NW TEG FW 2 Wisk 2/ Wisk.G 2

24 Nov Do. Afr. 2 NW Rek /VBS/Teg Siv LO

25 Nov Vry. TEG SK Afr. 1 LW 2

28 Nov Ma. EBW Eng 1 Afr. 3 Afr. 3

LAERSKOOL EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2016

DATUM GRAAD 7 GRAAD 6 GRAAD 5 GRAAD 4

14 Nov Huistaal- Lees en Begrip Huistaal – Lees en begrip Huistaal – Lees en Begrip Huistaal – Lees en Begrip 15 Nov LO PSW PSW PSW

16 Nov FAL - Comp + Language FAL - Comp + Language FAL - Comp + Language FAL - Comp + Language

17 Nov Gesk Gesk Gesk Gesk

18 Nov Huistaal Huistaal Skryf Huistaal Skryf Huistaal Skryf

21 Nov Wisk Wisk Wisk Wisk

22 Nov NW NWT NWT NWT

23 Nov EBW Book report Book report Boekverslag

24 Nov Aard Aard Aard Aard

25 Nov Teg FAL Write FAL Write FAL Write

(6)

Oom Jan Se Slaghuis

Ck 2008/121229/23 Vat no.4470248156 10 Namakwa Ave, Lutzville

Tel. 027-2172254 Fax 0866008728

Referencias

Documento similar

A MÉS DEL QUE S’HA ESPECIFICAT PER ALS NIVELLS A2 I B1, el candidat és capaç de comprendre el sentit general, la informació essencial, els punts principals, els detalls específics

7 | P á g i n a En cumplimiento de lo establecido en el Reglamento (UE) 2016/679 del Parlamento Europeo y del Consejo, de 27 de abril de 2016, relativo a la protección de las

No obs- tante, ambos se caracterizan por seguir una distri- bución longitudinal a lo largo de los principales ejes fluviales (barrancos y gargantas) y caminos de

La Unidad Técnica de Formación, en cumplimiento de sus objetivos, desarrolla acciones de formación inicial, actualización y desarrollo profesional de docentes y profesores

La Unidad Técnica de Formación, en cumplimiento de sus objetivos, desarrolla acciones de formación inicial, actualización y desarrollo profesional de docentes y profesores

Según la literatura estudiada, podemos encontrar relaciones entre el género, la planificación del entrenamiento, la carga de entrenamiento, la progresión

En el 2000 se adoptaron las normas técnicas y guías de atención para el desarrollo de las acciones de protección específica y detección temprana y la atención de enfermedades

Como criterios del estado actual de la población se pudo concluir que en el área, representada por un ecosistema de valle intramontano, alterado por diferentes